n Brief aan my VADER!
Ek het nie verstaan, was te klein om te besef wat aan gaan.
Vir n tydperk het ek jou gesien, nie elke dag nie.
Maar om en by tussen ouderdom agt n tien
Was jy nooit meer te sien!
Niemand het iets gese, of gewonder oor die seer wat diep in my hart le.
Altyd kwaadheid en nog meer as my hart dit se en my mond jou naam skree!
Hul het dit nie geduld, en alles was nooit hul skuld. En vir al my vra was daar niks gevoel of geduld.
My hart wou my vader he. My hele lewe lank baklei ten wat hul se.
Die jare het gevlieg en die donker hoe in my hart was altyd da, hoe word n kind groot sonder n pa!
Ek het gesoek, en jou gevind. Als in die verlede het verdwyn in die wind!
Ek wou net vir n tydjie bestaan, en die liefde van my Vader ervaar!
Het n prentjie in my kop gehaat van hou ons sou saam lag en praat.
Net jammer die prentjie het dit so verkeerd gehaat!
Ek is nie perfek en doen verkeerd, jy as ouer kon my beter leer!
Ek het jou nog altyd lief gehaat, en nie blameer vir al die hartseer en kwaad.
My hart was bly want ek het my vader terug gekry!
Te vroeg het ek opgewonde geraak, my pa kon skaar twee woorde met my praat.
Ek het gevra, het nodig gehaat om te weet!
Nie gedink jou dogters sou my so uitvreet! Jul ken my nie, weet nie wa ek was of enige deel van my bestaan!
Nou is dinge weer hoe dit was! Ek wonder weer soos toe ek kleiner was.
Oor my pa wat verdwyn soos as!
N gebroke hart word weer heel, net gedink my pa is veraltyd deel!
Ek sal myself op tel dis maklik na so veel keer val.
Sal heel ander kant kom, met n lewe vol liefde en vreugde wat blom!
Vader vir jou wens dk die beste toe! Jou ander kinders is meer as genoeg!
My boetie is weg so ek staan alleen! Met liefde in my hart wens ek jul God se rykste seen!
Hy hou my bo, ek is sterk min dinge kan my breek!
Voorspoed op jul toekoms!
Met liefde
Jou dogter van vergeet!
M