G

Dae van Wie Weet

Dae van Wie Weet
Tafelberg smelt saam
blou met die see
Bloubergstrand se kant
hand aan hand loop ons oor die sand.
Ek en jy
droomverlore
na waar die son in die see verdrink
goud en rooi
waar branders saggies vir ons sing.
Ons onthou die dae
van wie weet
dalk eendag saam
ek en jy al langs die see.
© Gois
©gois