Ek het geweet jy moet gaan,
Maar ek wou jou keer...
Vir jou sê ek like jou,
Kom ons wees meer...
My verstand het geweet dis reg dat jy gaan,
Maar my hart het teen dit gestry...
Die dae het soos weke verbygegaan,
Geen woord of grappie of is jy okay...
My hart het gehoop dat jy sou bly,
Maar my kop het geweet dis reeds verby...
Ek sê ek is bly vir jou, en ek wil graag wees,
Maar die waarheid is ek wou hê jy moet myne wees...
Dis moeilik om die vriende ding te doen,
Wanneer ek jou net wil gryp en soen...
Ek sien nog wanneer jy so skelm 'n kykie steel,
En wonder hoekom jy so met my hart wil speel...
Jys die persoon na wie toe ek gaan,
Wanneer ek oor my liefdeslewe wil kla...
Maar hoe nou gemaak,
Want jy is die een wat my hart pla...
J