G

Die Hittige Blou

Die Hittige Blou
Knars-droog die gras
stof en sand vul die riviere
geen druppel water te vind
aasvoëls draai in die hittige blou
die hele Bosveld lê in rou.
Vel-en-been diere
smekende oë
dof.
Waar sal hul hulp vandaan kom?
Aard-verwarming
die mens se nalatingskap
gedryf deur gierigheid.
En nou?
© Gois
©gois