G

Die Laaste Groet

Die Laaste Groet. (My Moeder)
Sewe-en-negentig jaar was jy vlees-en-bloed
toe is jy weg
sewe-en-sestig jaar was ek vlees van jou vlees
toe is jy weg
jou dowwe oë met ons laaste groet
het my nie meer herken
jou eersgeborene
jou vlees en bloed
nou is jy weg
sonder herinnering van ons laaste groet.
© Gois

©gois