S

Ek het jou lief want...

❤️❤️So baby dis tyd ek doen iets anders as n video❤️😂
Nou ek weet voor jy dink regtig Sebas n gedig😂❤️lees eers en weet dat die ek is wat verduidelik presies hoekom ek lief is vir jou en dat ek dit regtig bedoel ❤️❤️
So ja, jy geniet my boeke so kom ons hoop jy geniet my gedigte darm ook😂❤️so hier gaan dit
Jy, my lief is regtig soos geen van my vorige girls gewees van te vore.
Elke keer as ek in jou mooi bruin oe staar, voel ek hoe word ek verlore.
Eks regtig net verslaaf aan die gedagte van jou as ek eerlik is.
Dis seker hoekom ek jou Elke minuut van my elke dag net miss.
Ons het begin met die woorde "hey".
Paar maande later toe noem ek jou my bae, ekt nog altyd geweet eks geseend verby,
net altyd gewonder hoekom toe vind ek dis jy.
Ek bid met elke gebed wat ek maak, dat ons pappa God jou altyd veilig sal hou.
Jou hartjie is so sag, so kosbaar en dis een van die grootste redes hoekom ek mal is oor jou.
Jy het my gewys wat liefde soos lyk en jyt my laat voel wat liefde soos moet voel.
Daarom moet jy weet dat Elke keer wat ek se Bianca Van Staden eks LIEFFE JOU, dat ek dit regtig bedoel.
Maak nie saak hoe moelik dinge al was of ooit nog gaan wees nie.
Jy gaan altyd my he, en jy hoef nooit te vrees nie.
Ek staan by jou kant in vlees en in gees,
as jy ooit grond toe val of jou balans verloor weet dat ek altyd daar vir jou gaan wees
Ek sal jou altyd optel wanneer mense of die wereld jou afbring.
Ekt 'n belofte aan jou gemaak onthou, en dit was daai ring,
en ja ek weet ek het die belofte eenkeer gebreek en ekt jou dalk in jou rug gesteek, ekt jou seer gemaak, jou onstel en vir dit is ek vir altyd so jammer, maar
ekt myself belowe ek sal altyd daar vir jou wees om jou trane aftevee van jou wange.
So hou vas my hande, en moet nooit laat gaan, want my liefde vir jou is groter as die afstand vanaf die aarde tot in met die maan.
Van Staden, en so mooi soos daai van is wil ek dit verander na Zinn, want toe jy in my lewe kom toe eers maak alles vir my sin.
En dit wat sin maak is jy. Ja, ek het gese jy, jy saam my, mag jy die woorde aan almal versprei.
Maar jy weet seker klaar ek is lief vir jou, want by jou dra ek altyd my hart op my mou.
Ons verhouding is iets wat ek net elke dag meer en meer aan wil bou,
en die woorde "Ek is lieffe jou" is ek wat se ek gaan nog met jou trou.
Dalk moet jou gou se hoekom ek jou so perfek beskou,
is dit daai pragtige, opwekende glimlag van jou, of is dit omdat jy my beter verstaan as wat enige iemand al ooit het of al ooit wou.
Wag dalk is dit want jy weet hoe om my te kalmeer, dalk is dit hoe jy my altyd beter maak voel al is my hartjie seer, of dalk is dit want jyt my presies gewys net wie jy is.
Ag wat , ek dink dis sommer alles, dis alles en nog meer hoekom ek oor jou so mal is.
Dis jou glimlag, dis jou persoonlikheid wat ek al van klein kinds in 'n girl vir soek, dis die tye wanneer ek regtig te ly is om iets te doen en dan se jy nee ek moet.
Ek kan vir altyd aan en aangaan oor watse perfeksionis jy werklik is, maar ek verstaan jys te besig om altyd oulik te wees en daarom is jy net onbewus.
Sien mense se altyd: "Daars baie visse in die see", maar ek weet jys die enigste een vir my, daarom wil el jou nooit verloor nie al moet ek smeek op my kniee.
Ekt altyd vir my ma gese die dag wat ek die een ontmoet sal ek vir haar se, daarom 10 MAANDE terug het sy uitgevind dat jy die een is wat ek nog altyd wou he.
So vandag is ons 10 MAANDE saam lief en tyd vlieg regtig verby, dis net snaaks dat met al die tyd kan ek nog steeds nie genoeg van jou kry.
Dis 10 MAANDE lief , en ek is dankbaar want die Here het my geseen, want as mense engele kon wees, weet ek vir 'n feit jy is een.
Die verhouding van ons is vir my soos die lewe van n blom, sommige tye kom water en reen en ander tye kom die son, maar deur goeie asook slegte dae het ons gegrooi en ontblom , en die woorde wat bly staan het was ,"Ek is lief vir haar, en ek is lief vir hom".
Vir wat ookal nog op ons pad vorentoe mag le, weet net al word afbreekende woorde gese, of al verloor ons die pad wat ons nou tans volg , dat ek nooit iemand anders saam my op die pad sal wil he. Dis n pad vir twee met net ons name op geskryf en besmeer, en ek belowe as ons pad ooit verdeel sal dit eendag saamkom weer.
Ek moet ook net se jyt my baie lewens lesse geleer, soos beskerm jou geliefde en maak haar nooit seer nie, en as jy haar ooit seer maak, maak seker sy weet jy is jammer en dat jy dinge reg sal maak en dinge verander, jyt my geleer hoe om besluite beter te neem , want voorheen was ek net vol foute , en nou nadat jy my gehelp het sit ek met geen.
So wat ek probeer se is 10 MAANDE is sover verby, en ek hoop dat verhouding iets is wat vir ewig sal bly, ek moes aan jou se ek het jou lief want vir jou verloor ek n hand of twee, want n lewe sonder jou se ek net vir nee.
Eks dankbaar vir ons 10 MAANDE en net so dankbaar is ek vir my oe, anders sou ek nie kon Sien hoe fantasties mooi jy lyk nie,dis iets wat ek nogsteeds vandag mee sukkel om te glo.
Eks selfs dankbaar vir my ore wat my laat hoor vir woorde Soos "Ek is lieffe jou"" ja oor en oor.
Ek sluit my gedig af met die woorde "Bly altyd jou unieke, perfekte self my lief " , want anders sou die 10 MAANDE nie die beste 10 MAANDE van my lewe gewees het nie en dis my eerlike perspektief.
.....ONEINDIGE LIEFDE....
SEBASTIAN
©sabs12345