H

Ek word gered

Ek word gered

Hannelie Viviers

Diep verborge uit die oog
In my hart se skaduwee
Het my sondes skeiding gevee
En my oor vir die Heer verdoof

Maalkolk het die dryfsand
My verswelg
Wyl ek my skuld verdwerg
My laat tuimel tot op dood se rand

Sink, sink
Daar is geen lig meer
Waar is God? Klop dit seer
Geen einde aan doolhof dink.

Dis klaar met my
Al wat ek hoor is die kras
Van die vyand my in sy mag
Wie kan my bevry?

Bitterlik het ek geween
Al my skuld tot on die dieptes van my hart
Voor die Here se lig gebring my smart
My sonde belydenis voor Sy oor laat reën

Gou was Sy Regterhand daar
My uit die moeras geruk
Die vyand se boeie van my geskud
Engele om my geskaar

Rotsvas is my leuse nou
Die lofliedere stroom uit my mond
Die leërmag van die Lig om my rond
God se genade vir my ontvou

Abba Vader ek sal U lof sing
Hier in elke hartskamer
Waar ek tot U troon nader
My lewe as offer bring

U luister na die gevangene se hulpkreet
Selfs in diepte van diepstes
Rig U U oor tot hul ellendes
U het ‘n lieflike deel vir my gemeet






©hannelie