G

Jou Spieël

Jou Spieël
Jy dra jou spieël voor jou uit
jy sien jouself
maar nie soos ander nie
jy bluf jouself
soms...
dalk ander ook
maar nie altyd nie.
Die spieël kan breek
aan flarde spat
splinters jy
hoe gaan jy al die stukkies kry
die spieël herstel
tot weer volkome jy?
© Gois
©gois