LappiesKombers
Jy lê knus toegevou in jou lappieskombers
botterblomgeel en sonsopkomsoranje
blêrtse pers met groen omsoom
rooi en bont jou rante gekleur
blou met vlieswolkies die lug
ja so vêr as die oog kan sien
Namakwaland getower na die reën.
© Gois
©gois
G