P

My first afrikaans poem. @purshe

tussen die boeke
en gedigte
en skryfwerk,
vind ek my hart wat verlang na jou.
na jou geure en kleure
wat die skoenlappers
binne my wakker maak.
tussen onbekende stemme
en gesigte wat verby flits
soek ek na jou.
na jou donker oe wat na my kyk.
na jou stem wat vir my roep.
Ek soek na die tye
wat jou arms my omvou
en wat ek jou hartklop
kan hoor.
ek soek na jou.
hier by my.
waar ek,
jou liefling,
haar arms kan span oor jou lyf
waar jy my teen jou bors
kan vasdruk
jou hand invleg saam myne
terwyl die slaap my oorval
maar,
wat ek nou weet is dat
selfs my diepste drome
en geheime wense;
nooit beter sal wees as hierdie oomblik saam jou. .
©purshe