Radikaal
Ek is nou radikaal
gedryf deur linkse slinkses
breek my taal
maak my radikaal.
Ek is nou vêr regs
gedryf deur slinkse linkses
vat my vlag
wat anders het jy dan verwag.
Ek kom in opstand
gedryf deur hensoppers
ontsê my my geskiedenis
verwag jy ek moet gaan lê.
Nee!
Ek word radikaal
draai na vêr regs
staan op en kom in opstand
teen slinkse linkses
en dubbele standaarde.
© Gois
©gois
G