.
Fok, ek het dit rerig bedoel toe ek se vir ewig.
En Here weet, ek wens net hierdie was 'n siklus.
' n siklus van verduistering wat my eendag sal laat gaan.
Of so hoop ek.
Maar dit blyk dat net soos die maan.
Jy vir ewig voor my sal staan.
En jy sal skyn wanneer die wereld voor my oe verduister.
So helder soos die sterre wat verby my skiet.
Maar vir nou
Sal ek skree, onophoudelik, vir iemand wat in die aande vir my luister.
Iemand wat my sal wegraap en laat verstaan.
Dat wanneer jy n skietende ster laat gaan
Jou wense eendag sal waar word.
©maandigter
M