Ek mis jou tot in my murg.
En elke dag raak dit net erger.
Ek sal vir altyd joune wees.
Elke dag raak die gevoel net sterker.
En dit voel of jy vas sit aan my vlees.
Ek probeer jou afwas
Ek skrop myself dat die bloed tap
Maar steeds is dit nie genoeg nie.
Die herinneringe van ons is besig om my te wurg.
Ek versmoor.
Ek snak na my asem.
En dit voel of ek jou oor en oor verloor.
Eindig my.
Eindig ons.
Verdoof die pyn.
Asb, O Here, laat hierdie gevoel verdwyn..
©maandigter
M