Wanneer
Haar snikke laat haar liggaam ruk
dit skeur die berge
rooi-warm vloei die lawa
stoom en rook
stof en roet
verswelg die son se gloed.
Haar waters bulder stormend
vee die kanker van die land.
In stilte daal die sneeu
'n nuwe ys-eeu.
Tye kom en gaan
kom en gaan...
© Gois
©gois
G